Tuesday, October 28, 2008

Skoorstene van die Battlo huis

Posted by Picasa

Casa Battlo

Posted by Picasa

Miro in die reen

Dit reen in Barcelona.

Dit het begin toe ons op die dak van die Casa Battlo staan en onsself verkyk het aan die vloeiende lyne van Gaudi se geteelde skoorstene. Van vroegdag was die weer grys, maar dit het net voor ons daar aangekom fyn sproeisels begin neersak. Toe ons 'n uur of wat later die Casa uit is om die Metro na die Miro Museum te haal was dit deeglik sambreelweer.
Dis nou agt-uur die aand, en reen nog steeds. Hard.

Aangekom by die Miro Museum staan die ry mense wat wag om kaartjies te koop reeds so honderd meter ver by die deur uit. Reeds gewoond aan hierdie verskynsel by al die bekende toeriste aantreklikhede in Barcelona, val ons maar in die ry. Ons word stadig natter, al doen Adeline als om albei van ons sowel as die donkerskop meisie voor ons in die ry droog te hou.
SO veertig minute later kom ons uiteindelik onderdak, deurnat. Nogal snaaks dat die Museum nie iets doen om mense wat rystaan droog te hou nie - sekerlik is deurweekte mense wat soos nat hoenders die deur inkom nie so 'n seldsame verskynsel hier rond nie?

Nietemin is die Miro Museum soos ander Europese kunsplekke uiters goed georganiseer, goed gemerk en toegerus, wat natuurlik'n peperduur kafeteria en aandenkingwinkel insluit. Dit vat ons verder ook tien minute om uit te vind mens moet 'n een Euro munstuk in die sluitkassie se slot sit voor jy dit kan gebruik. G'n mens weet eintlik hoekom nie, want jy kry dit weer terug as jy jou goed uithaal as jy klaar is met jou besoek. Snaaks.

Daar's redes hoekom die oorgrote meerderheid van kunstenaars wat 'n paar strepe op papier trek - 'abstrakte kuns' maak - nie museums in hul naam het nie. Dit het te doen met staying power net soveel as met insig, tegniek, en daardie een persent geluk (ryk mense wat jou kuns aanhang en koop). Die skilder Joan Miro se kuns werk, behalwe vir 'n paar glipse hier en daar. Om abstrakte, 'deurmekaar' kuns te kry om te 'werk' moet die kyker 'n plan kan sien, een wat dikwels dekades, of 'n leeftyd neem om na vore te kom in die werk van 'n kunstenaar. 'Jy kan ook so teken', se^ Adeline op 'n stadium, terwyl ons na 'n 'deurmekaar' werk staan en kyk. Seker, se^ ek, maar hy het, en ek nie (Ek skryf in my notaboek: Begin werk aan museum.). Dis nie so eenvoudig nie, maar 'n leeftyd van skilder, beeldhou en 'n sielsverhouding met jou kuns opbou laat mens hier respek kry vir die man.

En duisende mense stroom deur die museum, te oordeel aan die menseverkeer hier. Ek wonder hoeveel 'doen' die museum omdat dit aanbeveel word in die Barcelona gidse, die toeriste-busse reg voor die deur stop, of iemand in die familie gehoor het Miro is 'goed'. Ander doen dit waarskynlik vir hul spruite se onthalwe. Almal hier kan beswaarlik kunsfundis wees.

In ieder geval, besluit ek waar ek sit en een van die skilder se draderige tekeninge 'ontleed', dis gaaf van iemand om sy indrukke van die werklikheid, met saamgaande gevoelens en visuele insigte, hier vir die nageslag te laat, waar dit vir almal wat wil te siene is, en nie in 'n hogere se sitkamer hang as 'n trofee of afshowstuk nie. Immers vertel meer as een van die beskrywings teen die muur van Miro se pogings om 'physical reactions' of 'imagination' by die kyker te skep.
En ja, dit werk, Miro.

Ten spyte van die reen was ons stap na die Miro-ervaring ligter en varser, asof ons geweet het ons het iets gekoop wat wag om weer, en weer, en weer oopgemaak te word as ons tuis is. Herinnering is immers die beste deel van 'n kunsmuseum besoek, en iets wat mens saam huistoe neem na 'n kuns-pelgrimstog.
Posted by Picasa

Monday, October 27, 2008

Monserrat, the have-to-see monastery

The monastery of Montserrat, set in dramatic mountain surroundings an hour's drive from Barcelona, takes the idea of pilgrimage to its logical conclusion by melting sightseeing tourism with the holy journey to a place of worship.

In most guidebooks Montserrat is listed as the one-day outing from Barcelona visitors should'nt miss. so early Monday morning we set out by metro and train for the visit.

Describing Montserrat as a 'monastery' is a little bit of a misnomer. Even though the cable car only ferries 35 people at a time from the railway station in the valley up five hundred metres into the mountain enclave where it's located, the complex is a hive of tour groups, school outings, and a throng of elderly Spanish there to pay respects and be blessed by the community's monks.

But at least, especially from down in the valley, the buildings have the look and visual appeal of a monastery, with dusty pink, artistically sparse structures that are camouflaged into the surrounding boulders and rocky ridges of the mountain. One doesn't have to read the guide books to realise that long, long ago there was a human being with a longing for solitude in majestic surroundings who was inspired to create a monastic community who could follow a path of spiritual contemplation and instruction that has lasted despite wars (the monastery was badly damaged during the Civil War) and natural disasters (the mountain often sees floods and rock falls).

Right after attending Mass in the monastery's richly adorned basilica (the world 'opulent' is not out of place) we start queuing to see the statuette of the black Mother and Child that sits high above the apse, reached by climbing a narrow staircase. Judging by the length of the queue it's clear that the icon is highly revered among Roman Catholics, especialy the local, older people. Be, who form the larger part of people in the queue. However right behind us is a young Asian girl, probably from the Catholic communities of the Phillipines or Taiwan, patiently waiting her turn. We stand in line for about half and hour before reaching the icon, housed in a small, splendidly decorated enclave. She reverently kisses the statuette's dark outstretched hand, before standing back, holding out her small digital camera and taking two seconds to aim and snap, flash thoughtfully switched off, before hurrying along with the queue.

A moment of revenance, a Kodak moment. Her pilgrimage moment.

Later, stting across from the monastery's 'shopping complex' I watch a priest in the long, black robe of the Jesuit monks leave the gift shop, a small plastic back and his camera in hand. He walks in the direction of cable car station, stopping to consult a layout map of the complex on the way before heading further. Religious tourism, or pilgrimage?

The gift shop as well as the monastery's well-stocked cafeteria and R80-a-ride funicular probably goes a long way to helping the monastery balance the books, in addition to income from CDs and tours by its internationally renowned boys choir.

We find the real Pilgrim's Moment two hundred metres above the busy monastery, high up in the peaks of the mountains that we reach after a five minute ride on the funicular. Outside the funicular station we step into quiet, chilly mountain air, where various footpaths winding along the perimeters of granite peaks take the pilgrim into the solitude of nature. Our only companions on the footpath we choose are two or three hikers, who are generally not talkative folks. We hear nothing more from them but a shy 'Hola' as they pass us.

Back at the monastery, where it's now just before dusk, the tourist buses have departed and there's only the last few tourist stragglers left making their way to the train station below. We promise ourselves that, should we visit Barcelona again, a stay at the monastery's hotel, and a day or two of hiking in the mountain would be the perfect pilgrimage in which to find the solitude space Monserrat has - at least before and after the tourists leave.
Posted by Picasa

Cable car to Montserat

Posted by Picasa

Sunday, October 26, 2008

Hallo Sagrada Familia, sien jou in 2026

Op reis is daar plekke wat mens sien, net om te hoop jy sien dit weer, eendag.

Barcelona bou die afgelope 120 jaar aan 'n katedraal, die Sagrada Familia. Hulle vorder fluks, hoop om in 2026 klaar te wees. Dis 'n 'labour of love', befonds deur die duisende toeriste wat dag na dag deur die halfklaar gebou stroom.

Dis ook 'n soort huldeblyk aan Gaudi, die argitek-ikoon van Barcelona. Wat beteken dat behalwe vir die gotiese torings van die gebou, dit ook tierlantyntjies met keramiekteels, golwende fasades en akkedisse het.
Wat op enige ander plek ter wereld hopeloos mal sou lyk, maar in Barcelona so tuis soos biltong in Benoni is.

Ons arriveer tien-uur die oggend, terwyl die oggendmis nog aan is. Dit word gehou in een hoek van die Sagrada, tussen die bou-toerusting, gips-vorms en scaffolding. Mens sien dit nie gebeur nie; dis verskuil agter plankafskortings. Die singende stemme skep 'n half-uit-plek atmosfeer, asof engele hard probeer om kerk te skep uit die chaos.

Soos alle groot katedrale van die wereld is die Sagrada indrukwekkend. Buite is die afwerking eklekties, binne nog meer asemrowend as die Duomo wat ons 'n week terug in Milaan gesien het. Meer indrukwekkend omdat die geometrie meer doelbewus, wetenskaplik, vloeiend is. G'n wonder die kerk is op verskillende stadiums deur ideologiee en standpunte van die dag veroordeel as godslasterlik nie.

Terwyl ons deurstap, nekke gekrink om die grootsheid in te neem voel dit skielik of ons terug is iewers in Europa vyf eeue gelede, in die heyday van katedraalbou. Vir 'n oomblik beleef ons die grootsheid van alles wat die mensdom ingesit het om iets van so skaal te bou in dae sonder elektriese bore en betonmengers, 'n proses wat tgoe ook leeftye geneem het, nog meer as in die geval van die Sagrada.

Klaar deurgestap, op pad na die parkie oorkant die straat vir middagete bevestig ons kopknikkend dat ons gaan terugkom oor twintig jaar, net om te sien hoe Barcelona vorder.

Of dalk, as als goedgaan, hoe 'n klaar Sagrada lyk, in 2026, 100 jaar na Gaudi se dood.
Posted by Picasa

Striking a pose...

Adeline by Placa de Catalunya.
Posted by Picasa